top of page

IN DIE PERS

Nog 'n hoof van Afrikaanse kunstefees bedank

Mariana Malan

Niel Rademan, die uitvoerende hoof van die Suidoosterfees, het bedank.

Gehoor hang aan soldaat se lippe

Wyne Muller

Die kombinasie van klavier, viool en klarinet het Sondag, 4 Maart vir die gehoor in die Fismersaal 'n intererssante klankwerled ontsluit.

Ilse Shumann en Niël Rademan maak saam maan musiek

Mariana Malan

Twee kunstenaars wat "met die maan gepla is" hou eersdaags saam konsert.

Vyf vrae aan Niël Rademan

Maryke Roberts

Niël Rademan is ’n teaterverkleurmannetjie wat ewe tuis is as musikant, regisseur of vervaardiger...

10 Vrae aan...

Die Burger- Donderdag 30 Mei 2014

Ná ’n maand in die warmstoel as die nuwe uitvoerende hoof van die Suid­oosterfees, antwoord dié kabaretkunstenaar ons tien vrae.

Suidoosterfees se nuwe uitvoerende hoof aan die woord

Naomi Meyer - Donderdag 24 April 2014

Niël Rademan is op 23 April 2014 aangestel as uitvoerende hoof van die Suidoosterfees. Hy vertel vir Naomi Meyer van melkskommels en hologramme. En natuurlik ook van kabaret. Baie geluk, Niël, met die aanstelling as uitvoerende hoof van die Suidoosterfees. Hoe voel jy oor die groot nuus? Baie dankie! Ek is soos op enige ander dag in my lewe werklik opgewonde oor nie net wat die dag kan bring nie, maar wat die toekoms inhou. Ek het wel gisternag 'n opwindende slegteslaapnag ervaar: ek het soos gewoonlik 'n magdom nuwe planne en in my gepluimde hoed uitgedink, gedroom en getoor.

Rademan neem die leisels oor

Anika Marais - Woensdag 23 April 2014

“Toe ek hoor ek is aangestel, het ek net my hande oor my oë geslaan. Ek was so opgewonde,” het die musikant, regisseur en vervaardiger Niël Rademan gister gesê. Rademan is pas as die nuwe uitvoerende hoof van die Suidoosterfees aangestel. Hy volg dr. Niel le Roux op wat einde Maart ná 11 jaar die tuig as uitvoerende hoof van dié fees neergelê het. Die direksie van die fees het meer as 50 aansoeke van dwarsoor die land vir die pos ontvang.

Nagkat laat jou lag én huil

Murray la Vita - Donderdag 19 Desember 2013

Die ontmoeting met Niël Rademan vind plaas in ’n 300 jaar oue huis in Stellenbosch wat tot die Coopmanshuijs Hotel omvorm is. In die elegante sitkamer heers ’n intieme sfeer wat onder meer geskep is deur die sagte lig van lampe. Niël is ’n aantreklike en besonder hartlike jong man met ’n pienk sysakdoek met ’n paisley-patroon in die bosak van sy salmkleurige baadjie.

 

 

bottom of page