DASJESDRIFT TEATERHUIS
Die Dasjesdrift-opstal tussen Heidelberg en Witsand is nou 'n teaterhuis – 'n jare-lange droom van Niël. 'n Hawe vir mense, kunstenaars en kunsinniges wat opsoek is na kreatiewe stimulasie.
Behalwe vir die liefdestaak wat Niël en sy gesin vervul, deur die mense en die natuur van hierdie streek te dien, sien hy sy plig om teater, kuns en ander vermaak vir die gemeenskap op te dis. Hierdie teater het inderdaad al só gewild geword dat daar mense van oral oor die land spesiaal Heidelberg toe kom om een van hierdie unieke teaterervarings te kom meemaak.
Die teaterhuis het eenmaal per maand 'n vertoning met 'n ete wat daarmee saamgaan. Die huis is oop vir vergaderings, spanbousessies en privaatfunksies met die keuse van 'n kabaret-vertoning deur Niël, wat natuurlik die huishoudelike gaskunstenaar, en altyd op die spyskaart is.
Van ons land se voorste kunstenaars soos Zorada Temmingh, Rory Rootenberg, Charl van Heyningen, Marion Holm, Wouter van de Venter, Rika Vermeulen, Tertia Visser-Downie, Sanet Allen, Jannie du Toit, Christa Steyn, Joanie Combrinck, Johan Nell, Louis Loock, Martelize Kolver, Leon Kruger, Johann Nel, Joanie Combrink, Susanne Beyers en vele meer het al daar opgetree. Die program is besonder uiteenlopend en elke vertoning word met die hand uitgekies om te verseker dat dit elke keer van hoogstaande gehalte is.
Daar is wonderlike, billike akkomosie in die nabye omgewing, en kan dus vir gaste gereël word.
Doen jouself 'n guns, vat die stofpad en |