KABARETMANIA

STELLENBOSCH

 

Vir meer inligting, kontak:

niel@nielrademan.com / 084 444 9238.

 

KABARETMANIA is 'n teaterfees waar daar hoofsaaklik op die verskillnde fasette van kabaret gefokus word.

 

Die program vir KABARETMANIA is op Facebook beskikbaar onder die Niel Rademan Produksies / Dasjesdrift Teater-groep.

 

Kabaret is ’n teatervorm wat tussen die grense van proteskuns, die uitlokkende en die verleidelike rondbeweeg. Dit wil soms vervreem, ontmasker of opvoed maar wil grotendeels vermaak.

 

Teatergangers kan uitsien na unieke, sjarmante kunskroeg-aande met hoogstaande kabaretvermaak. Daar sal musiek, woordkuns, vertellings, kwessies en plesierighede plaasvind waaroor gesing, gewroeg en gewonder gaan word.  Glase goeie Bolandse wyn sal klingel op die maat van kabaretmusiek en almal sal deel wees van hierdie eg-Suid-Afrikaanse Kabaret-tradisie.