NIËL IN ′N NEUTEDOP
Niël Rademan het gehore landwyd gaande met sy sensitiewe vertolkings van Afrikaanse volksmusiek en Europese chansons. Met virtuose klavierspel en ʼn stem so warm soos Overbergse heuning, bring hy weer die
lied en die poësie terug in kontemporêre Afrikaanse musiek. Daar word na hom verwys as dié nuwe-generasie minnesanger. As musikus, regisseur, vervaardiger, openbare figuur en uitvoerende hoof van KABARETMANIA op Stellenbosch, beïndruk hy geweldig. Dié opwindende kunstenaar se debuut-CD, Fisantekraal, is aan die einde van 2007 vrygestel en lok uitstekende reaksie uit. "Rademan laat jou verlang na mosbeskuit en kluitjies,
en dan neem hy jou Parys toe om na Brel te luister!"
"Groot stem, groot hart."
"Niël is 'n veelsydige jong man wat nie net die klavier speel soos 'n mens 'n lekker stuk waatlemoen eet nie, maar 'n trekklavier kan tokkel, sing soos 'n engel en bowenal, 'n goeie organiseerder en storieskrywer is."
"Fisantekraal is 'n CD wat getuig van eenvoud en gestroop van alle pretensie om 'n nostalgiese klank
uit te bring. Rademan se stem is waarskynlik sy
beste wapen en hy gebruik dit baie goed..." |