BIOGRAFIE
Niël Rademan word beskou as 'n ware verhoogdier. Hy is 'n hoogs gerespekteerde teatermaker, regisseur en minnesanger van formaat. As publieke persona en sanger tree hy by van die grootste kunste-gebeure in Suid-Afrika op. Sy optredes as sanger wissel van klasieke musiek, musiekteater tot Kabaret. Hy het al onder regie van Hennie van Greunen, Jannice Honeyman, Blaise Koch, Shirley Johnston, Mark Donford-May, Paul Stern, Christine Crouse en Angelo Gobato gewerk. Hy wen as M.Dram-student aan die Universiteit van Stellenbosch die Mark Graham-trofee vir die beste studente regisseur , ontvang in 2004 ‘n oorkonde van die Wes-Kaapse regering as kultuurhervormer en wen in 2005 ‘n KANNA-toekenning vir sy produksie, Die avonture van Wilde Willemietjie. Hy is verantwoordelik vir groot regieprojekte soos die Fleur du Cap-teatertoekennings, Die Burger Suidoosterfeeskonsert, Weskaapse Parlementsopeningskonsert 2009, 2010 en die US Woordfees Koorfeesgala-aand. ‘n Hoogtepunt in sy loopbaan was toe hy in Februarie gevra is om die Suid-Afrikaanse Volkslied by die Parlementsopeningskonsert in die nuwe Sokkerstadion in Kaapstad te sing.
|